Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 11:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. OPEN jou deure, o Líbanon, sodat vuur jou sederbome verteer!

2. Huil, o sipres, omdat die seder geval het, omdat die pragtige bome verwoes is! Huil, eike van Basan, omdat die ontoeganklike woud afgekap is.

3. Hoor! die gejammer van die herders, want hulle heerlikheid is verwoes. Hoor! die geknor van die jong leeus, want die pronkbosse van die Jordaan is verwoes.

4. SO sê die Here my God: Wees herder van die slagskape —

5. hulle kopers maak hulle dood, sonder om skuldig te voel; hulle verkopers sê: Geloofd sy die Here; ek word ryk! En hulle herders het geen medelyde met hulle nie.

Lees volledige hoofstuk Sagaría 11