Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 1:9-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Toe sê ek: Wat beteken dit, my heer? En die engel wat met my gespreek het, antwoord my: Ek sal jou toon wat dit beteken.

10. En die man wat tussen die mirtebome gestaan het, het aangehef en gesê: Dit is hulle wat die Here gestuur het om die aarde te deurkruis.

11. Daarop het hulle die Engel van die Here, wat tussen die mirtebome gestaan het, toegespreek en gesê: Ons het die aarde deurkruis, en kyk, die ganse aarde is stil en rustig.

12. Daarop het die Engel van die Here aangehef en gesê: Here van die leërskare, hoe lank nog bly U sonder ontferming oor Jerusalem en oor die stede van Juda waarop U alreeds sewentig jaar vertoornd was?

13. Toe antwoord die Here die engel wat met my gespreek het, goeie woorde, troosvolle woorde.

14. Daarop sê die engel wat met my gespreek het: Roep en sê: So spreek die Here van die leërskare: Ek ywer oor Jerusalem en oor Sion met ’n groot ywer;

15. maar Ek is grootliks vertoornd oor die sorglose nasies wat, terwyl Ek ’n weinig vertoornd was, die onheil aangehelp het.

16. Daarom, so sê die Here: Ek wend My met ontferming tot Jerusalem; my huis sal daarin gebou word, spreek die Here van die leërskare, en ’n meetsnoer oor Jerusalem gespan word.

Lees volledige hoofstuk Sagaría 1