Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 1:12-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Daarop het die Engel van die Here aangehef en gesê: Here van die leërskare, hoe lank nog bly U sonder ontferming oor Jerusalem en oor die stede van Juda waarop U alreeds sewentig jaar vertoornd was?

13. Toe antwoord die Here die engel wat met my gespreek het, goeie woorde, troosvolle woorde.

14. Daarop sê die engel wat met my gespreek het: Roep en sê: So spreek die Here van die leërskare: Ek ywer oor Jerusalem en oor Sion met ’n groot ywer;

15. maar Ek is grootliks vertoornd oor die sorglose nasies wat, terwyl Ek ’n weinig vertoornd was, die onheil aangehelp het.

16. Daarom, so sê die Here: Ek wend My met ontferming tot Jerusalem; my huis sal daarin gebou word, spreek die Here van die leërskare, en ’n meetsnoer oor Jerusalem gespan word.

17. Roep verder en sê: So spreek die Here van die leërskare: My stede sal weer oorstroom wees van goeie dinge, en die Here sal Sion weer vertroos, en Hy sal Jerusalem weer verkies.

18. EN ek het my oë opgeslaan en gekyk — daar was vier horings.

19. Toe sê ek aan die engel wat met my gespreek het: Wat beteken dit? En hy antwoord my: Dit is die horings wat Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.

20. Daarop toon die Here my vier smede.

21. Toe sê ek: Wat kom hulle maak? En Hy antwoord en sê: Dit is die horings wat Juda só verstrooi het dat niemand sy hoof opgehef het nie; maar hierdie manne het gekom om hulle skrik aan te jaag, om die horings van die nasies neer te werp wat die horing teen die land van Juda opgesteek het om dit te verstrooi.

Lees volledige hoofstuk Sagaría 1