Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 1:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En Eliméleg, die man van Naómi, het gesterwe, maar sy met haar twee seuns het oorgebly.

4. En hulle het vir hulle Moabitiese vroue geneem; die naam van die een was Orpa en die naam van die ander Rut; en hulle het daar omtrent tien jaar gebly.

5. En toe Maglon en Giljon altwee sterwe, en die vrou sonder haar twee seuns en haar man oorbly,

6. het sy haar gereedgemaak met haar skoondogters en teruggegaan uit die veld van Moab, want sy het in die veld van Moab gehoor dat die Here op sy volk ag gegee het deur aan hulle brood te gee.

7. So het sy dan haar woonplek verlaat en haar twee skoondogters saam met haar. Maar toe hulle op pad was om na die land Juda terug te gaan,

8. sê Naómi aan haar twee skoondogters: Gaan heen, draai om, elkeen na die huis van haar moeder; mag die Here aan julle guns bewys soos julle aan die dode en aan my bewys het.

Lees volledige hoofstuk Rut 1