Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 1:18-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Toe sy sien dat sy vas besluit het om met haar saam te gaan, het sy opgehou om met haar te spreek.

19. En hulle twee het op pad gegaan totdat hulle in Betlehem gekom het. En toe hulle in Betlehem kom, het die hele stad oor hulle in opskudding geraak, en die vroue het gesê: Is dit Naómi?

20. Toe antwoord sy hulle: Noem my nie Naómi nie: noem my Mara, want die Almagtige het my baie bitterheid aangedoen.

21. Vol het ek weggetrek, maar leeg het die Here my laat terugkom. Waarom sou julle my Naómi noem, terwyl die Here teen my getuig het, en die Almagtige my kwaad aangedoen het?

22. So het Naómi dan teruggekeer en Rut, die Moabitiese, haar skoondogter wat saam met haar uit die veld van Moab teruggekom het; en hulle het in Betlehem gekom in die begin van die gars-oes.

Lees volledige hoofstuk Rut 1