Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 9:41-48 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

41. En Abiméleg het in Áruma gebly, maar Sebul het Gaäl en sy broers verjaag, dat hulle nie in Sigem kon bly woon nie.

42. En toe die mense die volgende dag uittrek in die veld, is dit aan Abiméleg meegedeel.

43. Daarop het hy die manskappe geneem en hulle in drie dele verdeel en ’n hinderlaag opgestel in die veld; en toe hy sien dat die mense die stad uittrek, val hy op hulle aan en verslaan hulle.

44. Want Abiméleg en die dele wat by hom was, het ingestorm en gaan staan by die ingang van die stadspoort, en die ander twee dele het almal wat in die veld was, bestorm en hulle verslaan.

45. En Abiméleg het daardie hele dag teen die stad geveg en die stad ingeneem en die mense wat daarin was, gedood en die stad afgebreek en dit met sout besaai.

46. Toe al die burgers van die toring van Sigem dit hoor, gaan hulle in die kelder van die tempel van El-Berít in.

47. En toe dit aan Abiméleg meegedeel is dat al die burgers van die toring van Sigem bymekaargekom het,

48. klim Abiméleg, hy en al die manskappe wat by hom was, op die berg Salmon; en Abiméleg het byle met hom saamgeneem en ’n boomtak afgekap en opgetel en dit op sy skouer gesit en aan die manskappe wat by hom was, gesê: Wat julle my sien doen, doen dit my gou na.

Lees volledige hoofstuk Rigters 9