Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 4:19-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Daarop sê hy vir haar: Gee my tog ’n bietjie water om te drink, want ek het dors; sy maak toe die melksak oop en laat hom daaruit drink en maak hom weer toe.

20. En hy sê vir haar: Gaan staan by die tentdeur, en as iemand kom en jou vra en sê: Is hier iemand? antwoord dan: Nee.

21. Toe neem Jael, die vrou van Heber, ’n tentpen en vat die hamer in haar hand en gaan stilletjies na hom en dryf die pen terwyl hy vas aan die slaap was dwarsdeur die slaap van sy hoof, sodat dit in die grond indring. So het hy dan bewusteloos geword en gesterwe.

22. En kyk, terwyl Barak Sísera agtervolg, gaan Jael uit hom tegemoet en sê vir hom: Kom, en ek sal u die man wys wat u soek; en toe hy by haar inkom, lê Sísera daar dood, met die pen deur die slaap van sy hoof!

23. So het God dan op dié dag Jabin, die koning van Kanaän, voor die kinders van Israel onderwerp.

24. En die hand van die kinders van Israel het al swaarder gaan druk op Jabin, die koning van Kanaän, totdat hulle Jabin, die koning van Kanaän, uitgeroei het.

Lees volledige hoofstuk Rigters 4