Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 3:16-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. En Ehud het vir hom ’n swaard gemaak, aan twee kante skerp, een el lank, en dit onder sy klere aan sy regterheup vasgegord;

17. en hy het die belasting aan Eglon, die koning van Moab, gebring; en Eglon was ’n baie vet man.

18. En toe hy die belasting volledig afgelewer het, bring hy die mense wat die belasting gedra het, weg;

19. maar hy self het omgedraai by die gesnede beelde wat by Gilgal was, en gesê: Ek het ’n geheime opdrag aan u, o koning! Dié sê toe: Stil! En almal wat by hom staan, het van hom af weggegaan buitentoe.

20. En toe Ehud by hom inkom, terwyl hy in die koel bo-kamer sit wat vir hom alleen was, sê Ehud: Ek het ’n woord van God aan u! En toe hy van sy stoel af opstaan,

21. steek Ehud sy linkerhand uit en gryp die swaard van sy regterheup af en steek dit in sy buik,

22. sodat selfs die hef agter die lem ingedring het en die vet, want hy het die swaard nie uit sy buik uitgetrek nie, om die lem toegesluit en by die wond uitgepuil het.

23. Toe gaan Ehud uit op die galery, maar hy het die deure van die bo-kamer agter hom gesluit en gegrendel.

24. Net toe hy uitgegaan het, kom sy dienaars; en toe hulle sien en kyk: die deure van die bo-kamer was gegrendel, sê hulle: Hy is seker besig om sy voete te bedek in die koel kamer.

Lees volledige hoofstuk Rigters 3