Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 20:4-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Daarop antwoord die Levitiese man, die man van die vermoorde vrou, en sê: Ek het in Gíbea wat aan Benjamin behoort, gekom, ek en my byvrou, om te vernag.

5. En die burgers van Gíbea het teen my opgestaan en in vyandskap teen my die huis omsingel in die nag; hulle het gemeen om my dood te maak, en my byvrou het hulle onteer, sodat sy gesterf het.

6. Toe het ek my byvrou gegryp en haar in stukke verdeel en haar rondgestuur in die hele gebied van die erfdeel van Israel, omdat hulle ’n gruwel en ’n skanddaad in Israel begaan het.

7. Hier is julle, kinders van Israel, nou almal: gee julle hier woord en raad!

8. Toe staan die hele volk op soos een man en sê: Geeneen van ons sal na sy tent toe gaan en geeneen van ons wegdraai na sy huis toe nie;

9. maar dit is nou die ding wat ons Gíbea sal aandoen: Op teen hom volgens die lot!

10. Ons sal naamlik tien man neem uit elke honderd van al die stamme van Israel, en honderd uit duisend, en duisend uit tienduisend, om padkos vir die manskappe te gaan haal, om as hulle gekom het, met Gíbea-Benjamin te handel volgens die skanddaad wat hy in Israel begaan het.

11. Toe versamel al die manne van Israel by die stad, soos een man saamverbonde.

12. En die stamme van Israel stuur manne deur die hele stam van Benjamin om te sê: Wat vir ’n misdaad is dit wat onder julle gepleeg is?

13. Lewer dan nou die slegte manne uit wat in Gíbea is, dat ons hulle om die lewe kan bring en die kwaad uit Israel kan uitroei. Die Benjaminiete wou egter nie na hulle broers, die kinders van Israel, luister nie;

Lees volledige hoofstuk Rigters 20