Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 2:18-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. En wanneer die Here vir hulle rigters verwek, was die Here met die rigter om hulle te verlos uit die hand van hul vyande al die dae van die rigter, omdat die Here medelyde gehad het vanweë hulle gekerm oor hulle verdrukkers en hulle verdringers.

19. Maar wanneer die rigter dood was, het hulle nog erger as hulle vaders gehandel deur agter ander gode aan te loop, om hulle te dien en hulle daarvoor neer te buig: hulle het niks laat vaar van hulle handelinge en van hulle hardnekkige wandel nie.

20. Daarom het die toorn van die Here teen Israel ontvlam, en Hy het gesê: Omdat hierdie nasie my verbond wat Ek hulle vaders beveel het, oortree en na my stem nie luister nie,

21. sal Ek ook verder geeneen van die nasies wat Josua by sy dood laat oorbly het, voor hulle uit verdrywe nie —

22. om Israel deur hulle op die proef te stel, of hulle die weg van die Here sal hou deur daarin te wandel soos hulle vaders dit gehou het, of nie.

23. Daarom het die Here daardie nasies laat oorbly sonder om hulle dadelik te verdrywe, en hulle nie in die hand van Josua gegee nie.

Lees volledige hoofstuk Rigters 2