Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 15:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR ’n tyd daarna het Simson in die dae van die koringoes sy vrou besoek met ’n bokkie en gesê: Laat ek na my vrou in die kamer ingaan; maar haar vader het hom nie toegelaat om in te gaan nie.

2. En haar vader het gesê: Ek het vir seker gedink dat jy niks om haar gee nie; daarom het ek haar aan jou metgesel gegee; is haar jonger suster nie mooier as sy nie? Laat sy tog joue word in haar plek.

3. Maar Simson het vir hulle gesê: Hierdie keer is ek onskuldig teenoor die Filistyne as ek hulle kwaad aandoen.

4. Toe gaan Simson weg en vang driehonderd jakkalse; en hy neem fakkels en draai stert teen stert, en sit ’n fakkel in die middel tussen elke twee sterte in;

5. en hy steek die fakkels aan die brand en los hulle in die ongesnyde graan van die Filistyne; en hy het die miede sowel as die ongesnyde graan en die wingerde en olyfbome aan die brand gesteek.

6. Toe vra die Filistyne: Wie het dit gedoen? En hulle sê: Simson, die skoonseun van die Timniet, omdat dié sy vrou geneem en haar aan sy metgesel gegee het. En die Filistyne het opgetrek en haar en haar vader se huis met vuur verbrand.

7. Daarop sê Simson vir hulle: As julle so maak, sal ek sekerlik nie rus voordat ek my op julle gewreek het nie.

Lees volledige hoofstuk Rigters 15