Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 14:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE Simson afgegaan het na Timna, sien hy in Timna ’n vrou uit die dogters van die Filistyne;

2. en hy het opgegaan en dit aan sy vader en sy moeder vertel en gesê: Ek het ’n vrou uit die dogters van die Filistyne in Timna gesien; neem haar dan nou as vrou vir my.

3. Maar sy vader en sy moeder sê vir hom: Is daar onder die dogters van jou broers en onder my hele volk nie ’n vrou, dat jy heengaan om ’n vrou uit die Filistyne, die onbesnedenes, te neem nie? En Simson sê aan sy vader: Neem haar vir my, want sy geval my.

4. Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat dit van die Here kom nie; want hy het rede gesoek teen die Filistyne; in dié tyd naamlik het die Filistyne oor Israel geheers.

5. En Simson het met sy vader en sy moeder afgegaan na Timna; en toe hulle by die wingerde van Timna kom, storm daar ’n jong leeu brullende op hom af.

6. Maar die Gees van die Here het oor hom vaardig geword; en hy het dit verskeur soos ’n mens ’n bokkie verskeur sonder dat daar iets in sy hand was; maar hy het sy vader en sy moeder nie vertel wat hy gedoen het nie.

7. Toe gaan hy af en praat met die vrou; en sy het Simson geval.

Lees volledige hoofstuk Rigters 14