Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 13:7-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Maar Hy het vir my gesê: Kyk, jy sal swanger word en ’n seun baar; drink dan nou geen wyn of sterk drank nie, en eet niks wat onrein is nie; want die seun sal ’n nasireër van God wees van die moederskoot af tot die dag van sy dood toe.

8. En Manóag het tot die Here gebid en gesê: Ag, Here, laat tog die man van God wat U gestuur het, nog ’n keer na ons toe kom, dat hy ons kan leer hoe ons moet maak met die seun wat gebore sal word.

9. En God het geluister na die stem van Manóag, sodat die Engel van God nog ’n keer na die vrou gekom het terwyl sy in die veld sit en haar man Manóag nie by haar was nie.

10. En die vrou het haastig geloop en haar man dit vertel en vir hom gesê: Kyk, die man het aan my verskyn wat die ander dag na my gekom het.

11. Toe staan Manóag op en loop agter sy vrou aan, en hy kom by die man en vra hom: Is U die man wat met dié vrou gespreek het? Toe sê Hy: Ja.

12. Daarop vra Manóag: As u woorde nou uitkom, wat moet die leefwyse en die werk van die seun wees?

13. Toe sê die Engel van die Here aan Manóag: Vir alles wat Ek aan die vrou gesê het, moet sy haar in ag neem.

14. Van alles wat van die wingerdstok afkomstig is, mag sy nie eet nie; en geen wyn of sterk drank moet sy drink nie en niks eet wat onrein is nie; alles wat Ek haar beveel het, moet sy onderhou.

15. Manóag sê aan die Engel van die Here: Laat ons U tog ophou, dat ons ’n bokkie vir U kan berei.

Lees volledige hoofstuk Rigters 13