Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 13:19-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Toe neem Manóag die bokkie en die spysoffer en offer dit op die rots aan die Here terwyl Hy wonderbaarlik handel voor die oë van Manóag en sy vrou:

20. toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die Here in die vlam van die altaar opgevaar; en Manóag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval.

21. En die Engel van die Here het verder nie meer aan Manóag en sy vrou verskyn nie. Daarop bemerk Manóag dat dit die Engel van die Here was.

22. En Manóag sê vir sy vrou: Ons sal sekerlik sterwe, omdat ons God gesien het.

23. Maar sy vrou sê vir hom: As die Here ons wou laat sterwe, sou Hy nie uit ons hand ’n brandoffer en ’n spysoffer aangeneem en ons al hierdie dinge laat sien en ons nou sulke dinge laat hoor het nie.

24. En die vrou het ’n seun gebaar en hom Simson genoem; en die kind het groot geword, en die Here het hom geseën.

25. En die Gees van die Here het hom begin drywe in die laer van Dan tussen Sórea en Estáol.

Lees volledige hoofstuk Rigters 13