Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 99:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE Here is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die gérubs; laat die aarde sidder!

2. Die Here is groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke.

3. Laat hulle u grote en gedugte Naam loof! Heilig is Hy!

4. Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. Ú het bevestig wat regverdig is; Ú het reg en geregtigheid gedoen in Jakob.

Lees volledige hoofstuk Psalms 99