Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 96:8-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Gee aan die Here die eer van sy Naam, bring offers en kom in sy voorhowe.

9. Aanbid die Here in heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde!

10. Sê onder die volke: Die Here is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.

11. Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis.

12. Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel

13. voor die aangesig van die Here; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou.

Lees volledige hoofstuk Psalms 96