Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 96:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.

4. Want die Here is groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode.

5. Want al die gode van die volke is afgode, maar die Here het die hemele gemaak.

6. Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en sieraad in sy heiligdom.

7. Gee aan die Here, o geslagte van die volke, gee aan die Here eer en sterkte.

8. Gee aan die Here die eer van sy Naam, bring offers en kom in sy voorhowe.

Lees volledige hoofstuk Psalms 96