1. SING tot eer van die Here ’n nuwe lied; sing voor die Here, o ganse aarde!
2. Sing tot eer van die Here, loof sy Naam, verkondig sy heil van dag tot dag.
3. Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.
4. Want die Here is groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode.