Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 93:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE Here is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die Here is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.

2. Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U.

3. Die riviere, o Here, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas!

4. Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die Here geweldig in die hoogte!

Lees volledige hoofstuk Psalms 93