Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 92:6-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Hoe groot is u werke, o Here; baie diep is u gedagtes!

7. ’n Dom mens weet nie, en ’n dwaas verstaan dit nie:

8. as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg.

9. Maar U is hoog verhewe tot in ewigheid, Here!

10. Want kyk, u vyande, o Here, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word.

11. Maar U verhoog my horing soos van ’n buffel; ek is met vars olie gesalf.

12. En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan.

13. Die regverdige sal groei soos ’n palmboom; hy sal opgroei soos ’n seder op die Líbanon.

14. Geplant in die huis van die Here, sal hulle groei in die voorhowe van onse God.

15. In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees,

Lees volledige hoofstuk Psalms 92