Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 9:2-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Ek wil die Here loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.

3. In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,

4. omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.

5. Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!

6. U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.

7. Die vyande het omgekom — puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan.

8. Maar die Here sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.

9. En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.

10. So is die Here dan ’n rotsvesting vir die verdrukte, ’n rotsvesting in tye van benoudheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 9