Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:39-50 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

39. Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde.

40. U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond.

41. U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings ’n puinhoop gemaak.

42. Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy ’n smaad geword.

43. U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak.

44. Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie.

45. U het aan hom sy glans onttrek en sy troon teen die grond neergewerp.

46. U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela.

47. Hoe lank sal U, o Here, Uself vir altyd verberg, sal u grimmigheid brand soos ’n vuur?

48. Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!

49. Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk? Sela.

50. Here, waar is u vorige goedertierenhede wat U aan Dawid met ’n eed beloof het in u trou?

Lees volledige hoofstuk Psalms 89