Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:34-47 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

34. Maar my goedertierenheid sal Ek van hom nie wegneem en my trou nie verbreek nie.

35. Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.

36. Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie!

37. Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My.

38. Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou. Sela.

39. Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde.

40. U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond.

41. U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings ’n puinhoop gemaak.

42. Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy ’n smaad geword.

43. U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak.

44. Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie.

45. U het aan hom sy glans onttrek en sy troon teen die grond neergewerp.

46. U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela.

47. Hoe lank sal U, o Here, Uself vir altyd verberg, sal u grimmigheid brand soos ’n vuur?

Lees volledige hoofstuk Psalms 89