Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:27-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil!

28. Ja, Ék sal hom ’n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde.

29. Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas.

30. En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel.

31. As sy kinders my wet verlaat en in my regte nie wandel nie;

32. as hulle my insettinge ontheilig en my gebooie nie hou nie,

33. dan sal Ek hulle oortreding met die roede besoek en met plae hulle ongeregtigheid.

34. Maar my goedertierenheid sal Ek van hom nie wegneem en my trou nie verbreek nie.

35. Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.

36. Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie!

37. Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My.

38. Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou. Sela.

39. Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde.

40. U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond.

41. U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings ’n puinhoop gemaak.

42. Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy ’n smaad geword.

43. U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak.

Lees volledige hoofstuk Psalms 89