Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:18-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Want U is hulle magtige sieraad, en deur u welbehae word ons horing verhef.

19. Want aan die Here behoort ons skild, en ons koning aan die Heilige van Israel.

20. Toe het U in ’n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek het hulp verleen aan ’n held, ’n uitverkorene uit die volk verhef.

21. Ek het Dawid, my kneg, gevind, met my heilige olie hom gesalf,

22. met wie my hand bestendig sal wees; ook sal my arm hom versterk.

23. Die vyand sal hom nie oorval en die kwaaddoener hom nie verdruk nie;

24. maar Ek sal sy teëstanders voor hom weg verpletter; en die wat hom haat, sal Ek verslaan.

25. En my trou en my goedertierenheid sal met hom wees, en deur my Naam sal sy horing verhef word.

26. En Ek sal sy hand lê op die see en sy regterhand op die riviere.

27. Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil!

28. Ja, Ék sal hom ’n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde.

29. Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas.

Lees volledige hoofstuk Psalms 89