Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 89:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n ONDERWYSING van Etan, die Esrahiet.

2. Die goedertierenhede van die Here wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag.

3. Want ek het gesê: Goedertierenheid sal vir ewig gebou word; in die hemele — daar bevestig U u trou.

4. Ek het ’n verbond gesluit met my uitverkorene, met ’n eed aan Dawid, my kneg, belowe:

5. Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela.

6. En die hemele loof u wondermag, o Here, ook u trou in die vergadering van die heiliges.

7. Want wie kan in die hemel met die Here vergelyk word? Wie is soos die Here onder die hemelinge,

8. ’n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?

9. o Here, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o Here, en u trou is rondom U!

Lees volledige hoofstuk Psalms 89