Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 88:12-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?

13. Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?

14. Maar ék, Here, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.

15. Here, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?

16. Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.

17. U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;

18. die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my.

19. U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis.

Lees volledige hoofstuk Psalms 88