Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 85:10-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.

11. Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.

12. Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer.

13. Ook gee die Here die goeie, en ons land lewer sy opbrings.

14. Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe.

Lees volledige hoofstuk Psalms 85