Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 84:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier; op die Gittiet. Van die kinders van Korag. ’n Psalm.

2. Hoe lieflik is u woninge, o Here van die leërskare!

3. My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die Here; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.

4. Selfs vind die mossie ’n huis en die swaweltjie ’n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, Here van die leërskare, my Koning en my God!

5. Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.

6. Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.

7. As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ’n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.

8. Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.

9. Here, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.

10. o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde.

11. Want ’n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 84