Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 83:9-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is ’n arm vir die kinders van Lot. Sela.

10. Maak met hulle soos met Mídian, soos met Sísera, soos met Jabin by die spruit Kison:

11. hulle is verdelg by En-Dor, hulle het mis geword vir die grond.

12. Maak hulle, hul edeles, soos Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos Seba en Sálmuna,

13. wat sê: Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem!

14. My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind.

15. Soos vuur wat ’n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek —

16. vervolg hulle só met u storm en verskrik hulle met u stormwind.

17. Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle u Naam kan soek, o Here!

18. Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom;

19. sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam Here is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.

Lees volledige hoofstuk Psalms 83