Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 83:2-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!

3. Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.

4. Teen u volk smee hulle listig ’n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes.

5. Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.

6. Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle ’n verbond:

7. die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners,

8. Gebal en Ammon, en Ámalek, Filistéa saam met die inwoners van Tirus.

9. Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is ’n arm vir die kinders van Lot. Sela.

10. Maak met hulle soos met Mídian, soos met Sísera, soos met Jabin by die spruit Kison:

Lees volledige hoofstuk Psalms 83