Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 80:12-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lote na die Rivier toe.

13. Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?

14. Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af.

15. o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok;

16. en wees ’n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.

17. Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.

18. Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 80