Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 80:11-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God.

12. Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lote na die Rivier toe.

13. Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?

14. Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af.

15. o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok;

16. en wees ’n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.

17. Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.

18. Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.

19. Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep.

20. o Here, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

Lees volledige hoofstuk Psalms 80