Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 80:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier; op die wysie van: „Lelies.” ’n Getuienis. Van Asaf. ’n Psalm.

2. o Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die gérubs troon, verskyn in ligglans!

3. Wek u mag op voor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp!

4. o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

5. o Here, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk?

6. U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.

7. U het ons ’n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot.

8. o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

9. ’n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant.

10. U het voor hom plek gemaak, en hy het wortels geskiet en die land vervul.

Lees volledige hoofstuk Psalms 80