Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 79:4-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Ons het vir ons bure ’n smaad geword, ’n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.

5. Hoe lank, Here, sal U vir ewig toornig wees, sal u ywer brand soos ’n vuur?

6. Stort u grimmigheid uit oor die heidene wat U nie ken nie, en oor die koninkryke wat u Naam nie aanroep nie.

7. Want hulle het Jakob verteer en sy woning verwoes.

8. Reken ons die ongeregtighede van die voorvaders nie toe nie; laat u barmhartighede ons gou tegemoetkom, want ons is baie swak.

9. Help ons, o God van ons heil, om die eer van u Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam.

10. Waarom sou die heidene sê: Waar is hulle God? Laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte.

11. Laat die gesug van die gevangene voor u aangesig kom; laat die kinders van die dood oorbly na die grootheid van u arm.

Lees volledige hoofstuk Psalms 79