Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 78:49-57 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

49. Hy het die gloed van sy toorn onder hulle gestuur, grimmigheid en woede en benoudheid, ’n uitsending van ongeluksbodes.

50. Hy het ’n pad vir sy toorn gebaan, hulle siel nie gered van die dood nie, maar hulle lewe aan die pes oorgegee.

51. En Hy het al die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge van hul krag in die tente van Gam.

52. Maar Hy het sy volk laat wegtrek soos skape en hulle gelei soos ’n kudde in die woestyn.

53. Ja, Hy het hulle veilig gelei, sodat hulle nie gevrees het nie; maar die see het hulle vyande oordek.

54. En Hy het hulle gebring na sy heilige grondgebied, na die bergland wat sy regterhand verwerf het.

55. En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe en dié aan hulle as afgemete erfdeel laat val, en Hy het die stamme van Israel in húlle tente laat woon.

56. Maar hulle het Hom versoek en was wederstrewig teen God, die Allerhoogste, en hulle het sy getuienisse nie onderhou nie.

57. En hulle was afvallig en het troueloos gehandel soos hul vaders; hulle het omgedraai soos ’n bedrieglike boog.

Lees volledige hoofstuk Psalms 78