Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 78:26-37 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer;

27. en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë;

28. en Hy het dit binne-in sy laer laat val, rondom sy wonings.

29. Toe het hulle geëet en ten volle versadig geword, en hulle begeerte het Hy bevredig.

30. Hulle was nie weg van hul begeerte nie — hulle voedsel was nog in hulle mond —

31. toe die toorn van God teen hulle opgegaan het en Hy ’n slagting onder hulle kragtige manne aangerig en die jongmanne van Israel neergewerp het.

32. Ondanks dit alles het hulle verder gesondig en nie aan sy wonders geglo nie.

33. So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking.

34. Elke keer as Hy hulle gedood het, het hulle na Hom gevra en teruggekom en God gesoek;

35. en hulle het daaraan gedink dat God hul rots was en God, die Allerhoogste, hul verlosser.

36. En hulle het Hom met hul mond gevlei en Hom met hul tong belieg;

37. maar hulle hart het nie aan Hom vasgehou nie, en hulle was nie trou in sy verbond nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 78