Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 78:20-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het — sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk?

21. Daarom het die Here gehoor en toornig geword, en ’n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel;

22. omdat hulle in God nie geglo en op sy hulp nie vertrou het nie.

23. En Hy het aan die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak;

24. en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee.

25. Mense het die brood van die engele geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur.

26. Hy het die oostewind laat uitbreek aan die hemel en die suidewind deur sy sterkte aangevoer;

27. en Hy het vleis soos stof op hulle laat reën en gevleuelde voëls soos sand aan die seë;

Lees volledige hoofstuk Psalms 78