Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 75:9-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Want in die hand van die Here is ’n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.

10. Maar ék sal vir ewig verkondig — ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob.

11. En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word.

Lees volledige hoofstuk Psalms 75