Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 75:4-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Al wankel die aarde en al sy bewoners — Ék het sy pilare vasgestel. Sela.

5. Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!

6. Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie.

7. Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie ...

8. maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.

Lees volledige hoofstuk Psalms 75