Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 74:18-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Dink hieraan: Die vyand het die Here gesmaad, en ’n dwase volk het u Naam verag.

19. Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.

20. Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.

21. Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.

22. Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur ’n dwaas.

23. Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie — die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!

Lees volledige hoofstuk Psalms 74