Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 74:13-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Ú het deur u sterkte die see geklief; Ú het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.

14. Ú het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir ’n volk — vir woestyndiere.

15. Ú het fontein en stroom oopgeslaan; Ú het standhoudende riviere laat opdroog.

16. Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; Ú het hemelligte en son vasgestel.

17. Ú het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, Ú het hulle geformeer.

18. Dink hieraan: Die vyand het die Here gesmaad, en ’n dwase volk het u Naam verag.

19. Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.

20. Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.

21. Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.

Lees volledige hoofstuk Psalms 74