Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 73:3-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.

4. Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam.

5. In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam met ander mense word hulle nie geplaag nie.

6. Daarom is die trots om hulle soos ’n halssieraad, die geweld bedek hulle soos ’n gewaad.

7. Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor.

8. Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking; hulle spreek uit die hoogte.

9. Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde.

10. Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp.

11. En hulle sê: Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?

12. Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!

13. Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.

14. Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre.

15. As ek gesê het: Ek wil óók so spreek — dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders!

16. Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë,

17. totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.

18. Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.

19. Hoe word hulle in ’n oomblik ’n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!

20. Soos ’n droom nadat ’n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!

21. Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,

Lees volledige hoofstuk Psalms 73