Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 73:12-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!

13. Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.

14. Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre.

15. As ek gesê het: Ek wil óók so spreek — dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders!

16. Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë,

17. totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.

18. Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.

19. Hoe word hulle in ’n oomblik ’n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!

20. Soos ’n droom nadat ’n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!

21. Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,

22. toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was ’n dier by U.

23. Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.

24. U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.

25. Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.

26. Al beswyk my vlees en my hart — God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 73