Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 72:13-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red.

14. Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.

15. Mag hy dan lewe! en mag hulle aan hom gee van die goud van Skeba en altyddeur vir hom bid; mag hulle die hele dag hom seën!

16. Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die Líbanon; en mag hulle bloei uit die stad soos die plante van die aarde!

17. Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseën word, hom gelukkig prys!

18. Geloofd sy die Here God, die God van Israel, wat alleen wonders doen!

19. En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen.

20. Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Ísai.

Lees volledige hoofstuk Psalms 72