Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 7:11-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. My skild is by God wat die opregtes van hart verlos.

12. God is ’n regverdige regter, en ’n God wat elke dag toornig is.

13. As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee

14. en berei vir hom dodelike werktuie; Hy maak sy pyle brandende wapens.

15. Kyk, hy is in barensweë van onreg en is swanger van moeite; hy baar leuens.

16. Hy het ’n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die vangkuil wat hy gemaak het.

17. Die onheil wat hy gestig het, keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy skedel neer.

18. Ek wil die Here loof na sy geregtigheid en die Naam van die Here, die Allerhoogste, psalmsing.

Lees volledige hoofstuk Psalms 7