Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 69:5-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig; wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee.

6. o God, Ú weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie.

7. Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here, Here van die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel!

8. Want om U ontwil dra ek smaad, bedek skande my aangesig.

9. Vreemd het ek vir my broers geword en ’n onbekende vir die seuns van my moeder.

10. Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.

11. Wat my aangaan, my siel het geween met vas; maar dit het smaadhede vir my geword.

Lees volledige hoofstuk Psalms 69