Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 69:30-37 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

30. Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm!

31. Ek wil die Naam van God prys met ’n lied en Hom groot maak met danksegging;

32. en dit sal die Here welgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het.

33. As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!

34. Want die Here luister na die behoeftiges en verag sy gevangenes nie.

35. Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin roer.

36. Want God sal Sion verlos en die stede van Juda bou; en daar sal hulle woon en dit besit.

37. En die nageslag van sy knegte sal dit beërwe, en die liefhebbers van sy Naam sal daarin woon.

Lees volledige hoofstuk Psalms 69