Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 69:14-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Maar ek — my gebed is tot U, o Here: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil!

15. Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my gered word van my haters en uit waterdieptes.

16. Laat die waterstroom nie oor my loop en die diepte my nie verslind nie, en laat die put sy mond bo my nie toesluit nie!

17. Verhoor my, o Here, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede.

18. En verberg u aangesig nie vir u kneg nie; want ek is benoud. Verhoor my dan gou!

19. Kom nader na my siel, verlos dit; bevry my om my vyande ontwil.

20. Ú ken my smaad en my beskaming en my skande; al my teëstanders is voor U.

21. Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie.

22. En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.

23. Laat hul tafel voor hulle ’n vangnet wees en vir hulle wat sorgeloos is, ’n strik.

Lees volledige hoofstuk Psalms 69