Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 68:28-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda — hulle menigte; die vorste van Sébulon, die vorste van Náftali.

29. Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het!

30. Ter wille van u tempel in Jerusalem sal die konings aan U geskenke bring.

31. Dreig die wilde gedierte van die riet — die trop stiere saam met die kalwers van die volke — die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë.

32. Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God.

33. o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela.

34. Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, ’n magtige stem.

Lees volledige hoofstuk Psalms 68